"ABOUT ME"
Ek isJorika Brink, 'n 30 jarige vrou woonagtig in n klein dorpie. Al amper 7 jaar getroud met die beste man ooit.
2003 was die jaar wat ons ontmoet het en het in Mei 2003 begin uitgaan, die lewe het snaakse paaie met ons geloop en op 14 Februarie 2009 het ons uiteindelik oor die tou getrap. Dit was 'n pragtige seremonie vanuit die Nederduitse Gereformeerde Kerk met naaste familie en vriende as getuies.
Ek geniet kos maak en bak, sal nou nie sê dat ek 'n bo-baas kok is nie, maar ek probeer.
Is nie regtig een vir baie TV kyk nie, behalwe natuurlik sport. Ek geniet regtig goeie rugby, motoGP (het natuurlik nie 'n keuse nie) en ek LOVE die olympics! Oj ja en natuurlik is Boks heel bo aan die sport lys, ek is die grootste Manny Pacquiao fan ooit! Ons hond is ook natuurlik vernoem na 'n bokser, Vladimir Klitschko.
Ons getroude jare was ook nie altyd maanskyn en rose nie, maar ons het gou geleer hoe om met mekaar se "differences" saam te leef, en dit was die beste besluit ooit.
Ek werk in die toerisme bedryf en my man is in die bou bedryf.
Dis ek, my man, ons hond en 'n huis (en oor 'n paar maande 'n baba), doodgewone mense met doodgewone drome.