Donkerste Dag van my lewe!
Gebroke en verlore is twee woorde wat my baie goed beskryf op die oomblik. Vir die van julle wat nog nie weet nie...my Minke-pop is weg, gone, sy kom nooit weer terug nie. Ek het finally besluit om oor die gebeure te skryf van 31 Mei / 1 Junie.
Soos julle in my laaste blog post van 30 Mei gelees het, was haar kamertjie klaar en reg vir haar koms. Ek het net vir haar beddegoedjies wat ek vir haar bestel het gewag.
Sondag was 'n dood-normale dag, ek het vroeg opgestaan, Will het nog gemoan omdat ek vroeg opstaan en 'n vriendin het my nog 'n booskap gestuur en gesê dat sy my aanraai om al die rus wat ek kan kry te vat.
Ek het 'n effe pyn in my lae rug gehad maar het my nie te veel daaraan gestuur nie, die pyn het however erger deur die dag begin raak en ek was oortuig dat dit my niere is (ek suffer al vir jare met nier probleme en stene) want dit was presies dieselfde pyn as wat ek al gehad het. Ek het vroeg middag 'n bietjie op die bank gaan lê en het probeer slaap, maar die pyn (wat teen nou al erger is) het my wakker gehou. Ek het so 16h30 met die kos begin want dit was vir my gemakliker om te staan.
Teen 18h30 het ek 'n vriendin gebel wat die ontvangsdame is by my Ginekoloog, ek het vir haar gevra of ek "môre oggend" (Maandag) eerste ding na die Gynae toe kan kom want my niere gee my erg probleme - teen diè tyd het ek al gehuil van pyn, sy het vir my gesê dat dit reg so is, maar het my ook gevra of ek seker is dat dit my niere is waarop ek ja geantwoord het en ek het ook vir haar gesê dis 'n pyn wat ek ken, sy het my mooi gevra om nie met die pyn te speel nie en as dit erger raak moet ek dadelik hospitaal toe gaan. Will is in daardie stadium na my ma toe om vir my 'n warm water sak te gaan haal om op my rug te hou.
Ons was teen 20h00 al in die bed, ek het met die sak op my lae rug gelê, maar elke nou en dan het ek 'n pyn voor op my blaas gekry dan sit ek weer die warmwater sak voor, dan is die pyn weer agter, dan voor, dan agter, dan voor...later was ek so confused want ek het nie meer geweet waar die pyn is nie. Die laaste ding wat deur my gedagtes gegaan het is dat ek in kraam is.
Ek kon natuurlik niks geslaap het nie, die pyn was net te erg. Teen 00h35 het ek opgetsaan, die ketel gaan aansit om my warmwater sak weer vol te maak en het ook 'n bad warm water gaan tap want dit is al wat vir my gehelp het toe ek my nierstene gehad het destyds. Ek het gou gepie-pie voordat ek in die bad klim en het toe dadelik besef dat daar groot fout is toe ek die bloed sien, ek het net een gil na Will gegee (hy het lekker gelê en slaap, onbewus van alles wat aangaan) en geskree "trek die kar uit", hy het opgevlieg, die badwater toegedraai en die kar gaan uittrek. Dit het verskriklik daardie aand gereën.
Toe ek van die toilet af opstaan toe breek my water, ek het na my kas gehardloop om my slippers te kry (met water wat nog teen my bene afhardloop) en het teen 00h50 my ma gebel, my pa het die foon geantwoord...al wat ek vir hom gesê het is dat hulle asb vir my moet bid want ons is oppad hospitaal toe en dat my water gebreek het.
Die 20min drive Knysna toe het gevoel soos 'n ewigheid, alhoewel my man vinnig gery het in verskriklike harde reën.
By die hospitaal aangekom - Will het vir my 'n rolstoel gaan haal en my ingestoot, ek moes in casualties wag vir 'n dokter, die suster het vir my gevra om op die bed te lê en ek het net vir haar gesê dat ek nie kan nie want ek het te seer. Ek het vir haar gesê dat ek in kraam is en sy het vir my gevra hoeveel weke ek is, waarop ek geantwoord het "net oor die 25 weke", sy het my vir my gesê dat ek nie moet stress nie want dis nog te vroeg om in kraam te gaan. Ek kon die heeltyd voel dat iets "onder" sak en het vir haar gesê. Sy het my gestoot tot in 'n klein kamertjie. Van wat ek kon agterkom was dit die sonar kamer. Om die storie nou nie verder uitterek nie (want soos ek hier tik rol die trane onophoudelik), het ek net daar en dan geboorte gegee aan 'n blonde kop engel, dokter het haar dadelik geneem en haar op suurstof gesit en haar aan die lewe probeer kry, maar haar longetjies was net nie genoeg ontwikkel nie en sy het dit nie gemaak nie. Elke liewe sekond van daardie nag is verewig geplant in my brein. "My man wat heeltyd vir my sê dat ons baba oky gaan wees, my skoonma en beide my ouers om my, die seer in hulle oë, die bloed...baie en oral, die placenta wat ek moet uitdruk, 5 nurses om my bed, my man aan my een arm, en in my kop dwaal dit oor en oor "Jorika skrik wakker, hierdie is net 'n nagmerrie"..........en dan die beseffing dat dit nie is nie, die beseffing dat die Here my kind kom haal het sonder waarskuwing, eks kwaad, seer, gebroke en verlore.
Mense, as julle nog nie deur so iets was nie, glo my as ek sê ander se woorde nie saakmaak nie. Ek meen, ek het en waardeer nogsteeds almal se ondersteuning en gebede, maar woorde maak niks beter nie. My kind is weg...dood...sy kom nie weer terug nie...nooit nie. Hoe de hel moet ek aangaan met die lewe! Hoe hoe hoe!
Jorika