Positive Vibes
Vandag wil ek net meer positief wees, mens is so geneig om mens te laat onder kry in die lewe, en vinnig ook! Die duiwel sit altyd om die draai en wag vir sy kans. Vandag is ek net dankbaar...
dankbaar vir my gesondheid,
dankbaar vir my wonderlike man (wat my rots is, sonder hom sou ek lank al opgee het),
my ouers (sonder hulle is ek niks!),
my awesome sussie (min mense het 'n suster soos myne, elke hartseer oomblik en trane wat gestort word, huil sy kliphard saam),
dankbaar vir 'n Sjane in my lewe (my hartsvriendin, niemand verstaan my soos sy nie, sy is net absoluut awesome verby)
Ek is dankbaar vir my skoon familie (wat altyd daar is vir ons en wat my behandel soos 'n dogter van hul eie)
Dankbaar vir my fantastiese werk! Ek meen...wie sal nie happy wees om vir 'n Sailing en whale watching company te werk nie :)
Ongelooflik dankbaar vir 'n fantastiese niggie en haar aanstaande (Adelle en Stefan (#ampermnrenmevBence)
Dan is ek geveldig dankbaar vir die kleiner (eintlik GROOT) dinge in my lewe, soos 'n dak oor my kop, kos om te eet, warm bed om in te slaap, eenvoudige goed soos 'n tv, 'n bank, yskas, kar ens ens (die lys kan baie lank aangaan)
Die Here het van my kom vat (wat syne was) maar ek is positief dat Hy my weer sal gee. Hy gee my immers nog elke liewe dag krag. Ons moet net glo en vetrou.
Ondankbare mense is nooit tevrede met wat hulle het, of met hulle omstandighede nie. Hulle fokus op wat hulle nie het nie, in plaas van die baie wat hul reeds ontvang het. As iets verkeerd gaan word daar gemor en gekla en word die goedheid en getrouheid van God vergeet. (Ek was al BAIE skuldig hieraan) Dit verduidelik hoekom die Israeliete so in die woestyn gekla het nadat hulle op ’n wonderbaarlike wyse uit Egipte gered is.
Die verrotting van onvergenoegdheid versprei soos suurdeeg na elke vlak van ’n mens se lewe en verhoudings en maak jou bitter. Jy is meer geneig om buierig en negatief te wees en die beker te sien as halfvol.
Om ’n dankbare hart te hê verander mens se uitkyk en hoe jy oor die lewe voel. Onlangse navorsing wys dat mense wat dankbaar is gelukkiger, meer opgeruimd en meer tevrede met hulle lewe en verhoudings is. Hulle is minder gespanne en depressief.
Dankbaarheid is ’n manier van lewe en nie net ’n gevoel nie. Die Bybel leer ons dat dankbaarheid deel is van die kern van ’n Christen se lewe. Daar is verskeie verwysings in die Bybel na dankbaarheid, o.a. 1 Tessalonisense 5:18 “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (sien ook Psalm 100:3-4, Psalm 107, Lukas 17:11-19).
Alle dankbaarheid begin by God — Hy staan aan die hart daarvan. Sonder Hom is dankbaarheid net nog ’n houding en nie ’n lewensingesteldheid nie. Dankbaarheid vereis ook ’n behoorlike verstaan van die redes waarom ons dankbaar moet wees. Dit begin met ons besef van wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het en eindig waar God deur die Heilige Gees in ons woon. Die vrugte daarvan is dankbaarheid, om te kan opstaan in die oggend en heel eerste dankie te sê vir hierdie nuwe dag. Om dankie te kan sê vir my man/kind/gesondheid/wat ons ookal ontvang het — dit raak te sien en te sien dat dit goed is.
’n Manier om dankbaarheid te kweek is om bewustelik te dink aan al die goeie dinge wat jy in jou lewe het. Skryf elke dag 3 dinge neer om voor dankbaar te wees. Na ’n paar maande sal jy ’n boek vol redes tot dankbaarheid hê en jy sal gou agterkom hoe geseënd jy is!
“If you can manage to be thankful in every situation, really believing that God is working everything out for your good, you will end up with the victory every single time.” — Joyce Meyers