top of page

Beste dag van my lewe!


Jy weet - baie mense sê dat hul troudag die beste was van hul lewens, ek meen ek het ook altyd so gesê, maar wat ek ook oor die jare agtergekom het is dat die mense wat dit gewoonlik sê nog nie kinders het nie, en so was myne ook nou besig om te verander.

Op 22 Januarie 2015 het ons lewens verander! Na 7jaar gaan ons finally ouers word! Blyste dag ooit!

Dit was n baie warm Donderdag, manlief het van die werk afgekom en my dadelik badkamer toe gejaag op om die "clear blue" swangerskap toetsie te pie-pie. Ek het onophoudelik vir hom gesê dat hy hom verbeel dat ek swanger is maar hy het aangedring dat ek een neem want hy het 'n "feeling".

Ons gaan sit toe rustig op die bank en wag vir die ding om nou te wys of ek is of nie, na so 2 minute (wat vir my soos n ewigheid gevoel het) verskyn dit eweskielik "pregnant 3+" - Nie een van ons kry n woord uit nie, na 'n rukkie se stilte sê Willem (dis nou my man) vir my "Ek het jou mos gesê" en ek antwoord net my 'n giggel. Ek sê later vir hom dat ek kan dit nog nie glo nie, klim toe in die kar en gaan koop nog n swangerskap toets by die "garage" se vending masjien. Sommer daar by die Shell in die badkamers gegaan en dit gou gedoen, en so waar! Hierdie een het 2 strepies wat volgens die pakkie beteken dat ek wel swanger is nie.

Gaan toe na my ouers om die goeie nuus met hulle te deel, manlief het vir hom en my pa elkeen n sigaar gekoop want dis mos hoe dit ge-celebrate moet word.

Daardie aand kon ek skaars slaap van excitement - kan vir geen een verduidelik wat alles daai nag deur my kop gegaan het nie, ek kon net nie ophou dankie sê vir Liewe Jesus vir hierdie wonderlike blessing wat Hy vir my stuur nie.

Vrydag middag is ek sommer direk Pathcare toe vir bloedtoetse, net om doodseker te maak dat ek wel swanger is, 2 ure later die toetse gaan optel, en hulle reken dat ek so +-5weke is.

Nou die wat my ken sal weet as ek 'n ding doen dan doen ek dit ordentlik... Saterdag oggend 9uur toe staan ek binne my dokter se spreukkamer, want ek wil net 100% seker maak hehe - eerste sonar is gedoen, kon letterlik net die vrugwater sakkie sien, maar dit was iets, en daardie iets was besig om binne in my te ontwikkel, en van daardie oomblik af het ek geweet dat my lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie, en ek was bly daaroor :)

Ons het onmiddelik die grootse liefde gehad vir ons "vrugwater sakkie"

Jorika

Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page