2016
En so het 2015 sy gat gesien (DANKIE TOG) en 2016 het sy kop uitgesteek...
Het 'n mal seisoen by die werk maar love dit tog!
Ou-Kersaand moes ek maar die trane sluk, was verskriklik emotional in my hart - ons het almal (Ek, manlief, my sus, haar man en kids en my ouers) gebraai by ons huis Ou-Kersaand, ek het maar spesiaal 'n ou klein boompie (teen my sin) gaan kry
vir die kinders se onthalwe om hulle geskenkies onder te sit. Toe ek die liggies aansit het ek baie hartseer geraak want ek kon nie ophou dink aan Minke en hoe sy dalk vir die liggies sou kyk en het ook gewonder wat alles onder die boompie vir haar sou wees. Kersoggend het ek sommer hartseer opgestaan en stilletjies my trane gaan afvee....julle dis vir my nog so moeilik...vrek moeilik...maar wat kan ek doen, die lewe gaan aan....
Kersdag het ek gewerk tot half 6 die aand - was vrek besig. Was darem die 26ste weer af maar het die Sondag weer gewerk. Ek kon darem 1,2 & 3 Januarie saam manlief, Adelle & Stefan spandeer asook my skoonma en Courtney (my skoon sussie se dogtertjie - wat soos my eie voel). Hulle almal het sak en pak Woensdag (30 Dec) gekom, die manne was soos gewoonlik langs die see en ons girls het geswem tot in die nag in amper elke aand - fun fun fun!
Ou-jaarsaand het ons weereens geswem en gebraai en ek en Adelle het met Courtney gespeel en ge-hulahoop (seer heupe!)... Courtney is nie pragtigste 6jarige wat daar is, daai meisiekind lê so na aan my hart, sy het een van daai "snow glass balls" (daai glas goedjies met die water in en die "snow flakes, wat jy skud dan val die "sneeu) nou hierdie een het 'n engeljie in wat op
haar kniee sit, ek en Courtney besluit toe om haar "Minke" te noem, Courtney kyk my so aan met haar groot blou oogies en sê 'auntie Jorika, I never got to meet my little cousin Minke, but I mis her so much' , sy kyk so af na die "snow ball" in haar handjie en skud dit en kyk weer op na my en sê "every night when I go to bed I pray for her and I ask Jesus to forever keep her in your heart" EK MOES NET SLUK OF DIE TRANE HARDLOOP MY SWEMBAD VOL!!!
Nuwe jaars dag was ons na 'n "secluded" beach toe, was flippen lekker want nie baie mense weet daarvan nie so daar was net 'n handjie vol mense :) Ek love die beach..daar is darem maar min plekke so mooi soos die see, ek LOVE dit om die sand tussen my tone te voel, son op my lyf (as ek NIE verbrand nie) en om in die see te swem! Ek en Adelle geniet ons altyd soooo baie in die water - soos 2 regte Transvalers :p Ons het die ongelooflikste weer hierdie vakansie - ek wil eintlik complain en sê dat dit 'n bietjie te warm is. Die res van die naweek was ook lekker, ons het almal die Saterdag gaan visvang, ek het vir Courtney 'n klein pink visstokkie gekoop so sy het die visvang vreeslik geniet.
So tussen deur al die chaos by die werk het ek darem tyd gevind om tyd saam my mense te spandeer, so ek kan nie kla nie!
Maandag begin ek te Gym! - watch this space :) en oor 3weke gaan ons Roxette kyk in PE, soooo excited!!! Ek het vir myself geen goals geset vir 2016 nie behalwe om meer adventurous te wees en meer fun dinge te doen!! Shark cage diving is verseker een van die fun dinge wat ek hierdie jaar wil doen asook paragliding (as ek die guts kry)!
Ons kan ook finally sê dat Adelle hierdie jaar trou en nie meer verwys na "volgende jaar" nie.
Ons behoort vir ons eerste dress fittings te gaan Maart maand, hopenlik rock hierdie lyfie teen dan van al die Gym.
Het ook op die calendar gesien dat ek die honour het om hierdie jaar oor paasnaweek te verjaar! Hoe awesome is dit nie! Ek hoef nie te werk nie haha yay for me!
y die werk is dinge so te sê back to normal en ons dorpie is stadig maar seker op terug te keer na normaal. Voorspedige nuwe jaar vriende!!!
Liefde
Jorika
Comments