Nuwe dae, nuwe dinge...
So its been a while since my last blog post dat ek amper nie eers kan onthou wat als gebeur het die laaste 3 weke nie :)
My liefste nig en Stefan (haar aanstaande) het vir ons kom kuier vir die naweek van die 25ste September, dis altyd so lekker om hulle hier te hê, ek en Adelle is soos sussies, ons is BAIE close! Die manne het gaan visvang soos gewoonlik en ek en sy het maar net rustig by die huis gebly en oor hulle troue gepraat ens. Dis net altyd so lekker, want hulle is nie die tiepe mense vir wie mens moet rondstaan en kook en entertain nie.
Gepraat van hul troue...ek is officially aangestel as hulle wedding planner, so ek is natuurlik beyond excited! Deur die dag werk ek my gat af by die werk en in die aande beplan ek troue! Hulle trou 23 April 2016 so ek het 6 maande! Ek reël letterlik als van "dankie" geskenkies tot trourok! My gemoed voel sommer fantasties, want ek het sooo baie wat my "mind" nou besig hou dat daar nie tyd is vir in hoekies sit en myself jammer kry nie!
Ek en manlief was vir so 2 daggies af (Donderdag en Vrydag - 1 & 2 Okt). So ons het bietjie weggegaan en my ouers saam geneem, ons was Gouritsmond toe (ons gunstelling plek). Ek en mamma het lekker gebraai, gesit en klets, boek gelees ens, dit was nou regtig 'n lui-lekker tydtjie en ek en mamma het baie quality tyd saam spandeer.
Ek was ook die 7de Okt in die hospitaal vir 'n Hysteroscopy, Dr. sê als is mooi reg, die probleem is my cervix want ek het 'n baie kort een, so dit kan nie gewig bo hou nie, so soos Minke gewig opgetel het, het sy gesak. Ek het vreder gemaak met dit wat gebeur het, niks gaan haar terug bring nie en dit help nie ek gooi my hele lewe weg omdat ek nie daarmee wil of kan saamleef nie. My fokus op die oomblik is my man, my ouers/familie, my werk, Adelle se troue en die handjie vol vriendinne wat my nog weekliks bystaan en natuurlik my Liewe Heer wat my elke dag krag gee.
Ek het soveel om voor dankbaar te wees!