top of page

Desember 2015

Ek kan nie glo waar hierdie jaar al trek nie, ons is 2 weke kort van 2016 - en dit was al 6 maande terug dat Minke "gekom" en "gegaan" het!!! Waar de hel gaan die tyd heen! Dit voel nog soos "nou die dag". In die meantime vind ek maar nogsteeds uit van "die" en "daai" een wat swanger is "daai" een verwag 'n dogtertjie en so gaan dit aan - om eerlik te wees pla dit my nie meer so erg nie, want hulle "kind" is nie my "kind" nie. Party mense maak ook hulle eie opsomming oor my en my lewe en kamstig wat ek gesê het en hoe ek voel - of altans hoe hulle dink ek voel en wat hulle wil hoor ek sê. Eks regtig gatvol vir mense wat dink hulle weet waar deur ek gaan en gatvol vir hulle wat dink hulle weet eintlik iets van my af, eks moeg dat mense my aanstaar as ek in 'n vertrek inloop of in 'n winkel en dan weet 'n mens mos dadelik dat hulle nou van jou praat "shame dis mos sy wat haar baba verloor het" HOU OP EN LAAT MY TRY AANGAAN MET MY LEWE!!!! HOU OOK OP OM VIR MY TE Sê DAT DIE HERE MY WEER GAAN SEEN EN DAT DIT SY PLAN WAS VIR HAAR LEWE WANT DIT MAAK NIKS BETER NIE! Anyways, dis maar wat ek wou sê en nou het ek. - ek love my blog though, want dis die plek waar ek myself 100% kan express hoe ek presies voel.


Ek is nogsteeds facebook-less - LOVE dit nogsteeds natuurlik, en is ook nogsteeds op 'n no-carb, het al hier en daar 'n paar cheat sessions gehad maar niks te erg nie.



Ons beplan ook nog volstoom aan die troue, en ek geniet elke oomblik daarvan. Adelle, Stefan en haar ouers was laas maand by my en ons klomp girls (Ek, Adelle, my ma, haar ma en Chantelle(haar sussie) was in George - die HEEEEEEEL dag! Ons het die vrou gaan sien wat die rokke gaan maak, al die decor gebook, suits gaan kyk, en die mall plat geloop natuurlik. Ons het 7uur die oggend gery en het eers 4uur terug gekom by die huis! My voete was moertoe!

Daai Sondag oggend het ons vroeg opgestaan en klaar gemaak en ry toe bietjie bos toe - my gunstelling plek!!! Die natuur is net sooo mooi en alles is mooi groen. Ons het sommer 'n paar "pre-pre wedding" fotos daar geneem wat STUNNING uitgekom het!!!




Ek het die afgelope paar weke ook baie baie tyd saam my bestie spandeer (wat baie baie siek was :( ) - sy is regtig 'n vriendin duisend - het oor die laaste 6 maande nog nie my sy gelos nie, sy is baie soos Will vir my is, ek weet nie of dit sin maak nie, maar nes ek nie my lewe sonder my man kan indink nie so kan ek ook nie my lewe sonder haar indink nie.





Nou ja, dis 15 Desember - all crazyness by die werk! Ek het myself genominate om Kersfees te werk - ek wil nie Kersfees celebrate hierdie jaar nie, Chrismas is gecancel is my oë!










Vriende ek hoop dat julle 'n fantastiese festive season sal hê en dat julle veilig is waarheen julle okal mag gaan! Ons chat weer in 2016!






liefde

Jorika



Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page