April - Junie gebeure
So ek was maar stil die laaste paar maande, maar daar het omtrent baie dinge gebeur!
Die troue was 'n reuse sukses, Adelle het super mooi gelyk en Stefan ook nie te bad nie :) Dit was nou regtig die lekkerste troue by wat ek al ooit was en die kos was soooooo lekker en die champagne ook! :) Ons het baie hard gewerk om alles perfek te kry en ek is dankbaar dat als 'n sukses was. Ons het gedans tot laat aand!
Twee weke na die troue was dit my pa se 60ste, ek en my sussie het vir hom 'n verrassings partytjie gehou, cowboy theme, dit was eintlik te suksesvol as ek dit so kan stel haha want daar was te veel mense en ongelukkig was daar nie sitplek vir almal nie so die res moes dans :) Dit wys net weereens hoe bekend en geliefd my pa in die community is, daar het mense sommer nog mense saam gebring, wat altyd lekker is en gelukkig het my mamma my van kleintyds afgeleer dat eerder te veel kos as te min, so ons het gedink dat ons te veel kos gemaak het maar met die extra monde was dit net mooi reg!
Ons het ook kennis gekry om te trek omdat die huis waarin ons gebly het verkoop is - dit was die sadste ding want daar was soveel memories in daai huisie, ons het 'n offer ingesit om die huis te koop maar sy het 'n beter offer gekry en ons was net die bereid om nog hoër te gaan nie - wat ook eintlik op die ou einde van die dag 'n goeie ding was want ons sou toe nou uitvind dat hulle nie planne gehad het vir baie aanboudings by die huis nie en hulle het oor die bou lyn gebou destyds en dat daar baie gelde se boetes is maar die ergste van alles was die feit dat ons nie 'n huur huis kon kry in Sedgefield nie en kon ook nie 'n nice huis kry om te koop in ons budget nie en moes terug Knysna toe trek vir tyd en wyl en moes ongelukkig ons 4-been baba opgee vir adoption omdat die enigste huis wat ons kon kry in Knysna nie pet friendly is nie. Ek is daardie een mens wat nog altyd gesê het dat "maak nie saak wat nie, jy gee nie jou hond weg nie"...min het ek geweet dat ek self ooit in daai posisie gaan wees en dat ek letterlik nie weet wat om te doen nie. Adora Bullterrier rescue het vir hom 'n foster home gekry in die Kaap, ons het hom 2 weke terug geneem na sy nuwe huis, kon darem die couple ontmoet en hulle is regtig die dierbaarste mense ooit en het sommer dadelik geweet dat hulle baie mooi na hom sal kyk. Hulle is nog elke liewe dag in kontak met ons oor hom en stuur daaglikse fotos en videos van hom. Om eerlik te wees kry hy nou baie meer aandag as wat hy by ons gekry het want hy is nie alleen bedags nie. Ek weet nie wie het meer gehuil nie, ek of Will, joh julle dit was erg, ek sit alweer en tjank soos ek hier tik. Lewe is so onregverdig. Daar is 'n kans dat as ons die regte huis kry dat ons hom kan terug kry, maar ons sal eers moet sien wat in die toekoms gebeur.
Dit was ook die 1ste Junie die 1 jaar anniversary van ons pop Minke. Kan nie glo dat 'n jaar al verby is nie, daar het nog nooit 'n dag verby gegaan wat ek nie aan haar dink nie. Partykeer word ek kwaad vir ander mense omdat dit voel hulle vergeet van haar, maar dan realise ek dat sy myne was, ek was haar mamma en al is ek die enigste een wat dit ooit sal onthou is dit ok.
Mens kom ook agter wie jou ware vriende is deur so moeilike tyd - maar veral na die tyd wanneer die res vergeet het maar jy het nog daai 1 of 2 vriendinne wat jou weekliks kontak net om vir jou te sê dat hulle onthou vir Minke en dink aan my, en dit is vir my so moer special. Ek het besluit om die mense wat nie omgee om kontak met my te behou of belang uit my lewe te sluit. Die vriendskappe was wonderlike while it lasted, maar nes 'n huwelik wat 2 mense aan die gang moet hou werk dit so met 'n vriendskap ook. Ek het ook al baie dinge in my lewe gedoen wat ek eerder van wil vergeet en ons is regtig nie hier geplaas om ander mense te oordeel nie, dis hoekom al stem ek nie saam met wat ander doen nie, sal ek nie oordeel nie maar ek verkies eerder om daardie mense uittesluit wat besig is om hulle koppe te stamp. Hoe minder ek weet, hoe beter - dit maak my 'n baie gelukkiger mens!
By die werk is walvis seisoen in full swing en ons is lekker besig.
Ek is so bevoorreg om opregte mense in my lewe te hê. My man is na 13 jaar saam nogsteeds een van die beste dinge wat met my gebeur het, ek is so trots om sy vrou te wees! Glo my as ek sê dat ons al ons fair share van probleme gehad het, maar dit lyk dat ons soos rooiwyn is, soos die jare aanstap word ons huwelik en liefde vir mekaar net beter meer.
Dis eers al van my kant af! Dankie vir die wat lees!
Liefde
Jorika