top of page

Jan - Feb updates


So die jaar het goed begin, ons leef en ons is gesond. Die laaste paar weke was rof - rof in die aspek van stywe bene, manlief drill my soos 'n soldaat veral op Maandae wanneer dit "leg" aand is (ja ek praat van Gym mense). We are well on our way to a healthy living - mens voel sommer net goed!



Ons het nooit Roxette gaan kyk nie - dit was 'n mengelmoes van goed wat ons nie toegelaat het nie, maar ek dink nommer 1 aan die lys was ek....hoe nader die datum gekruip het, hoe meer het ek myself in die middel van daai crowd gesien en hoe ek sukkel om daar uittekom! (Scary gedagte) - maar ons het darem opgemaak daarvoor - was die naweek Witsand toe, dit was vrek lekker. My ouers en Adelle en Stefan was saam (die laaste getaway voor hulle troue). Ons was Saterdag op 'n fishing charter gewees op die Breederiver - WOW WOW WOW. What an experience!!! Ek het natuurlik die catch of the weekend gevang - het die manne so bietjie ore aangesit!


Ek en manlief was ook die 14de Feb 7 jaar getroud, niemand sal weet hoe lief ek my man het nie - omtrent al ons 7 sakke sout saam gesleep, maar ek is verseker gelukkiger as ooit. Hy is so goeie voorbeeld vir duisende mans daar buite. Ek is tog so dankbaar vir hom in my lewe, weet regtig nie wat ek sonder hom sou doen nie!!! My rots, my alles!!!


Die troue kruip natuurlik al hoe nader en arme Adelle se senuwees raak al erger, maar ek weet dat sy 'n baie mooi en lekker troue gaan hê!


Gaan kyk na my foto gallery vir fotos van ons vis wat ons gevang het!


Liefde

Jorika


Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page