Donker gat
Vandag voel dit weer asof ek in 'n donker gat is waaruit ek nie kan kom nie...of wil uitkom nie? Ek ken nie meer die antwoorde op my eie vrae nie. Niemand verstaan nie, ek voel so alleen in my siel. Woorde kan nie beskryf nie...Hoekom gaan die verlange nie weg nie, hoekom is die pyn nog so vars, wens ek kan 'n erase knoppie druk en net die hele episode delete. Almal sê ek moet moed hou, vir wat? Moed gaan nie my kind terug bring nie. Ek is sommer net vies vir almal en als vandag.
Soveel onskuldige mense word doogemaak, verkrag en al die lelike dinge...'n mens se lewe is niks werd in ander se oë nie. Al die geweld, misdaad, moord in die land. Wanneer gaan dinge stop, waneer gaan dit verander. Wie het hierdie moordenaards geskape?
Dan kry jy mense wat hulle kinders weggooi...soos 'n vuil lap. Hoe de doner doen jy dit??? Hoe is so 'n persoon se brein aanmekaar gesit...is hul dalk sonder een gebore. Dis vir my te moeilik om nie sulke mense te oordeel nie. Die land van ons is gebroke...verlore, die leiers weet nie eers wat om te doen nie...of altans hulle wil niks doen nie...hulle wil sit en kyk hoe ons uitgemoor raak. Eks so gatvol vir die plek!