Hare
Vandag is ek net lus om oor iets heel anders te praat as altyd, vandag wil ek praat oor hare. Die van julle wat my ken weet dat ek daarvan hou om my hare baie te verander, die lengte, die kleur ens ens (nes my gewig...een jaar op en een jaar af = never ending story).
Ek is sedert Julie hierdie jaar besig om terug te probeer keer na my normale haarkleur, maar omdat my hare al vir die laaste paar jare swart was, is dit nogals 'n groot proses en baie moeilik. Ek was nou al 4 keer by Francine (my haarkapster) en elke keer as ek daar uitkom dan is dit bietjie ligter. Sy ken regtig haar storie en ek is baie happy met haar.
So gister (Saterdag) was ek weer daar, en ons besluit toe nou sommer om my hele kop blond te maak (dit was my besluit) (waarvan ek toe nou nie hou nie) ek sê toe vir haar om my hare sommer pers te maak, wat ons toe doen. Julle, ek LOVE die pers! Ek wil dit veraltyd so hou! Dit is wonderlik wat 'n funky haircolour aan 'n mens se gemoedstoestand kan doen!
Ek kan regtigwaar vir Francise highly recommend, sy weet wat sy doen en sy is baie bekostigbaar, en sy is boonop die niceste persoon.
Tussen die 'hare" deur is ek op 'n "no carb diet", eerste week was redelik maklik moet ek sê, maar het vandag 'n vriendin ontmoet by Pilipili vir 'n vinnige snack en biertjie...so ek noem vandag Cheat-day, ons almal werk mos so paar van hulle in 'n dieët. Ek wil eintlik nie die term "dieët" gebruik nie, sodra ek vir myself sê dat ek op 'n dieët is dan skakel die brein af en sien net Sjokolades, aartappels, pasta's, brood en al daai yummy goed!!! So ek sê maar net dat ek bietjie gesonder eet :)
Verder het ek nie veel nuus nie, moet eerlik wees, die beste besluit wat ek kon neem was om non-active op facebook te raak, dis amazing hoe baie ek "mentally" in 'n week gechange het, maar sodra ek reg voel sal ek dit weer gebruik.
Hoop dat julle almal 'n lekker naweek gehad het en ek is seker daarvan dat meeste van julle gesien het hoe Japan vir Suid Afrika verneder het - kom ons los dit daar!
Hier is my gedagte vir die week:
“The only thing that stands between you and your dream is the will to try and the belief that it is actually possible.”
Hoop julle almal geniet die kort week wat voorlê! Die wat op die pad gaan - veilig ry xxxx
liefde
Jorika