top of page

2016 Continues

So kom ons rewind terug na 201 - want dit is wanneer laas ek 'n blog-post gedoen het.

Baie van die dinge waaroor ek hieronder skryf, het ek al in vorige posts genoem.

Februarie 2016 het ek uiteindelik met fertility treatment begin. Ek het vir eers my afspraak by die fertility clinic in Port Elizabeth gekanselleer en besluit om die behandelling wat my ginekoloog voorgeskryf het n "go" te gee. Ek was vreeslik excited! Maart maand kon ek nie wag om op n swangerskap stokkie te piepie nie...opgewonde het ek met die stokkie in my hand gesit en staar. "Hy flash en flash en flash - daai 2-3min voel soos 'n ewigheid! Ek voel die butterflies in my maag! En dan kom daai dreaded "not pregnant" woorde op die digitale skerm wat my sommer wil laat kots. Vies los ek die stokkie in die badkamer met die hoop dat as ek later weer gaan kyk daar dalk n verandering sal wees.


Dan kom April maand, maand 2 van behandelling. Eks seker eks swanger! Koop sommer al in die week n toetsie en neem dit skelm by die werk, sodat ek manlief kan verras. Negatief! Ek bly sê vir myself "dis omdat jy dit te vroeg gevat het" en dan spring ek op google om te sien wanneer is die vroegste wat mens kan uitvind mens is swanger deur om n home ptegnancy test te vat en troos myself aan die feit dat ek nog 9 dae moes wag voordat ek een neem. 9 dae is om en ek sit weer met 'n "Clearb

lue" in my hand. Voor ek dit vat sê ek gou eers weer my gebedjie op soos wat ek elke dag doen. "Here, U alleen verstaan my, U alleen weet waar deur ek is en waar deur ek gaan, U alleen ken my hart en U alleen weet hoe bitter graag ek 'n kindjie soek. As dit U wil is, vertrou weer aan my 'n baba toe en aan al die ander wat ook so graag 'n kindjie soek..amen" ok right, "lets do this" dink.ek in my kop. Hierdie keer piepie ek op die toetsie en plaas dit wasbak neer en stap weg. Voor ek my kan kry staan ek weer in die badkamer met die ding in my hand wat flash. Tonne emosies gaan deur my. "wie gaan ek eerste bel" "my ouers gaan so bly wees". Vinnig kom ek terug aarde toe, Will neem die toets by my en nou staan hy daarna en staar en hy sê "nope, not pregnant" en op daai oomblik kon ek die seer in my man se oë sien alhoewel hy niks probeer wys het nie. Wat is fout met my, hoekom laat my liggaam my so in die steek, hoekom kan ek nie swanger raak nie? Minke is al 10 maande weg. Hoekom moet ek so sukkel!!!!

So breek Mei maand aan. Die maand waarin my pa 60 word en ook Will se verjaarsdag. Ek, mamma en sussa is al weke besig om vir pappa n verrassings partytjie te reël. 11 Mei 2016 word my pa 60. Mamma nooi n paar vriende en familie oor vir n heerlike vinger ete net sodat pappa nie snif in die neus kry nie. Die Vrydag aand is die verrassings partytjie gehou wat n groot sukses was. Ek kon ongelukkig nie n drankie geniet het nie, want ek moes Saterdag oggend vroeg by Pathcare wees vir bloedtoetse om verder te probeer vasstel of ek op ander behandelling moet gaan.

Vroeg Saterdag oggend sit ek en Adelle by Pathcare en ek laat gou die bloed trek. Daarna vertrek ons 4 Gouritsmond toe om die dag en aand daar te spandeer en vis te vang. Bakkie gepak met als wat ons nodig het. Ek sukkel die hele Saterdag met n toe neus "ai ek hoop nie eks besig om siek te raak" dink ek by myself. Toe die aandlug begin koud word toe slaan ek en Adelle die klein 2 man tent op sommer daar op die strand en ons gaan lê. Ek sukkel vreeslik om ordentlik asem te haal want my neus is nogsteeds geblok. Die nag het maar moeilik gegaan want die 2 mans het ook by ons in die tent kom kruip so dit was baie beknop, koud en hard maar ons het darem die nag survive! Sondag oggend is my neus steeds geblok asook vir die res van die nuwe week....en die res hou ek vir 'n nuwe inskrywing!

Love

Jorika


Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page