top of page

Goeie nuus!

So die aand van 20 Mei 2016 (aand voor manlief se verjaarsdag) eet ons by my ouers se huis. Ons keer terug huistoe so 21h30.

Ek tap vir my 'n lekker bad water...net voor ek in die bad klim haal Will 'n Clearblue swangerskap toets uit sy sak en sê ek moet dit neem. Ek verduidelik aan hom dat ek nit nie wil doen nie want ek is gatvol om dissapointed te wees elke keer as ek 'n toets neem en dit wys dat ek nie swanger is nie. Hy soebat en smeek my en speel die "doen dit vir my want ek verjaar more" kaart op my. Ek stem toe in en neem die toets en sit dit op die wasbak neer en klim in die bad. Will stap in en tel die toets op en staan daar met dit in sy hand...volgende oomblik haal hy sy foon uit sy sak en neem 'n foto. Ek vra ewe ongeskik "wat doen jy"...hy buk af en sit die toets op die bad se rand, ek draai na dit en kyk en dit sê "pregnant 1-2" - die volgende paar minute kan ek nie lekker onthou nie...al wat ek weet is dat ek soos 'n rocket uit daai bad gespring het en vir Will bly sê "die ding is seker gebreek".

Toe ek tot my sinne kom het ons vir my sussie gebel, vir Will se ma en in die kar geklim en na my ouers toe gery en hulle gaan vertel (soos 11uur in die aand).

Ons het ook die nuus met Adelle en Stefan gedeel en ook met my beste vriendin, Sjane. Verder het ons die nuus stil gehou tot die 16de Augustus - toe ek 4 maande swanger was ook op daai dag uitgevind dat God ons seën met 'n seuntjie!


Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page