6de Huweliks Herdenking
Het letterlik niks geslaap gisteraand nie! Vandag is Saterdag, 14 Februarie, ons 6de Huweliks herdenking. Ek het Will (my kort-naampie vir my man) al baie vroeg uit die bed uit, hierdie jaar was dit my beurt om iets te reël vir ons herdenking, hy het vir my gevra wat hy moet aantrek, waarop ek geantwoord het "klere asb".
Ons was teen half 9 oppad, van ons huis af is dit 'n +- 20 min drive, Will het bly vra waarheen hy moet ry en ek het net vir hom gesê hoe om te ry maar nie die plek se naam genoem nie. Teen 08h55 was ons in "die straat" , Will moes stadig ry sodat ek hom kon wys presies waar ons moet wees, hy trek in en ons hou stil, hy draai na my en vra "wat gaan ons by die dokter doen" waarop ek antwoord "Wel ek kon nie aan enigeiets meer spesiaals dink as om ons baba se hartkloppie vir die eerste keer te kan hoor nie" Sy oë het geblink van excitement!
Ons het ingestap, gaan sit en wag vir dokter (wat soos 'n ewegheid gevoel het). Dokter het ons kom roep, en ons het hom gevolg tot in sy sonar kamer - trane van blydskap het van my wange gerol toe ek daardie hartkloppie vir die eerste keer hoor op 9 weke.
All-and-all was dit 'n goeie dag - die perfekte huweliksherdenking en Valentines dag om ons baba se hartkloppie te sien en hoor!
Jorika