"Boy or Girl"
Ek was die 5de Maart vir my 12 weke scan. Dokter sê dat ons pikkewyntjie baie mooi groei en dat ek 'n pragtige gesonde swangerskap het, geen probleme. Pikkewyntjie het omtrent rond gebons in my maagie.
8 April het aangebreek, onophoudelike opgewondenheid, want hierdie is mos die dag wat ons die geslag gaan sien! Die wag in die spreukkamer voel natuurlik weer soos 'n ewigheid! Het 'n Coke gedrink en barone geëet "as per instructions van die Ginikoloog se ontvangs dame" (maar ek kla nie). Al wat deur my kop gaan is dat ek sooooooo baie hoop dat baba mooi reg lê sodat die dokter kan sien wat baba se geslag is, dis glad nie dat ek omgee wat ek verwag nie, maar ek meen "hello" ek wil gaan shop!!!
Drum Roll............DOGTERTJIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek kon myself mos nie keer nie, onmiddelik dorp toe en sakke vol pienk goedjies gekoop.
Haar naampie is ook al lankal reg...haar naam sal Minke wees, Minke Brink, dit pas so mooi!
Het ook alreed op 'n tema vir haar kamertjie besluit, Uiltjies, dis mos nou die in-ding - maar nie net dit nie, die uiltjies is sooooooo cute! Ek love dit!
Mense, ek kan nie my excitement express nie!
Ek gaan 'n mamma wees van 'n prinses!!
Ons word finally ouers! BLESSED!!!!!!!!!!!!
Jorika