top of page

Gebroke en verlore...


Ek weet nie wie van julle al deur so iets is nie, maar party dae weet ek nie eers hoe om my kop van die kussing af optetel nie. Ek probeer my bes om sterk te wees, en ek kry dit nogals baie goed reg om sterk te wees voor mense, even my familie...maar sodra die gordyn val kom my masker af, dan is dit net ek, my gedagtes en my trane. Ek het die ongelooflikste "support system", my man is so wonderlik deur als, my ouers, skoonma, my sussie, my besties, kollegas ens ens, maar dis eenvoudig...ek soek my kind terug, en dit is nou iets wat nie gaan gebeur nie.


'n Tannie baie na aan my hart het my invite na 'n facebook groep met die naam van "Candle Parents" dit is die hartseerste groep waarop ek nog ooit was, die eerste dag wat ek daarop gaan loer het het ek gelees van die een mamma wat 3 kinders het (2 tiener dogters en 'n seuntjie), sy het binne 'n kwessie van 10maande beide haar dogters verloor aan kanker, die ander vrou het die pragtigste 3 seuntjies, waarvan een in Desember 2014 oorlede is in 'n kar ongeluk, die ander man se seun het het selfmoord gepleeg (op die groep noem hulle dit selfdood), die hartseerste is dat daar so baie mammas en pappas op die groep is en hulle het almal hul kinders verloor. Ek het nooit die moed gehad om op die groep te skryf nie, lees maar net altyd deur alles en huil myself dan simpel, maar een aand het ek wel besluit om myself voortestel en my verhaal te vertel, en in die stukkie wat ek geskryf het het ek vir hulle gesê dat ek nie eers wil weet hoe dit moet voel om jou kind te sien groot raak, drukkies van hulle kry, soentjies kry, "ek is lief vir mamma" hoor ens ens nie en dan eweskielik is hulle weg, want as ek voel soos ek voel en ek kon nie eers my kind vashou nie dan wil ek nie weet hoe dit voel nie, en een mamma het vir my 'n privaat boodskappie getik en gesê:


"My kind ek is innig jammer om te hoor wat met jou en jou man gebeur het, ek mis my kind oneindig baie, maar ek het darem hom gesien groot word, ek het darem drukkies gekry, soentjies, "lief vir mamma", eerste verjaarsdag en 'n hele paar verjaarsdae daarna, ek het baie fotos van hom en ons saam, maar jy het niks, en dit is hoekom ek dink dat dit verskriklik erg vir jou moet wees want jy mis nou uit op al die memories, en dit is die memories wat ons as mamma's koester, my hart gaan uit na jou en ek bid dat God jou krag sal gee, 'n moederhart kom nooit oor die dood van 'n kind nie, of daardie kindjie nog klein was en of groot, dit bly 'n kind, sterk staan my mens, en huil soveel soos wat jy wil, baie liefde"


En dit wat sy gesê het was so die waarheid en het so baie vir my beteken.

'n Ander stuk wat ek nou weer gelees het sê: "It is easy for you to say that God gained another angel because he didnt take yours" en dit is net so waar, mense weet nie wat om vir jou te sê in die geval van "child loss" nie, en dit is te verstane, want ek weet nooit wat om vir mense te sê in sulke gevalle nie, en ek was altyd die een wat vir ander gesê het "God het nou die mooiste engeltjie" of of, en eintlik beteken daardie woorde vir 'n gebroke mamma niks nie, ons knik maar net ons koppe en sê ja, want net soos wat niemand vir jou eintlik iets het om te sê nie, so het jy niks om terug te sê nie.


Hoe verduidelik mens vir iemand hoe jy voel, is dit moontlik...my antwoord is nee, dit is nie moontlik nie.....

Jorika

Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page