top of page

22 Weke sonar




So vandag was dit my 22 weke scan, die van julle wat al mamma is sal nou weet hoe baie 'n mens uitsien na elkwe liewe scan, kon mos nou maar soos gewoonlik nie geslaap het gisteraand nie, was hopeloos te excited. Ek het vandag my ma en pa saam geneem, jong was hulle nou vir jou net so opgewond



e, my pa het dokter se ore amper afgepraat, daar was mos nie sulke goed soos sonars in hulle dae nie.


Minke het natuurlik die hele sonar deur geslaapies, sy het pragtig op haar sy gelê.

Dokter sê dat alles lyk goed en dat sy baie tevrede is met my gesonde swangerskap, en ons Minke baba weeg al 560g!


Ek voel al soos 'n walvis, maar ek kla nie. Ek tel verskriklik gewig op, maar dis nou maar so, sal na die tyd maar weer my lyf regkry.


Ek het vir Minke 'n boek begin skryf, ek het die boek begin so week nadat ek uitgevind het dat ek swanger is. Ek dink dit gaan so special wees om dit eendag vir haar te gee vir haar 16de verjaarsdag of dalk eers haar 21st, dink sy behoort dit dan baie te waardeer. Ek skryf alles daar in, amper soos my blog. Ek skryf in wat die sonar gekos het elke keer, want ek weet oor 'n

paar jaar gaan sy lag oor die bedrag want dan kos dit seker al R5000 vir 'n gewone scan :)

Daar is ook fototjies in die boek, ek doen dit sommer alles in corel draw en dan sal ek dit eendag laat print soos 'n regte boek.


Volgende gynae besoek is die 19de Junie.


Ek het van die begin af besluit of 'n natuurlike geboorte, maar sjoe ek is baie bang, baie


mense se opinies verskil as dit by die geboorte kom, my sussie het twee keisers gehad, en my vriendin ook, dan het ek weer vriendinne was normaal gekraam het wat sê dit was nie so erg nie en dat hulle dit weer sal doen, en dan sê van hulle nee hulle sal nooit weer normaal kraam nie....well I guess I will find out :)


Expected due date is 11 September!


Jorika

Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page