top of page

Minke se kamer!


OOOh julle! Ek het 'n baie exciting dag gehad! Ek en my skoonma het vanoggend Minke se kot gaan haal in George wat ouma (skoonma) vir haar laat maak het. Ons het 'n lekker daggie saam gehad, ek moet sê ek en my skoonma kom baie goed oor die weg, ons het 'n baie sterk band en geniet mekaar se geselskap vreeslik baie. Sy het alreeds 'n kleindogter en Minke sal haar 2de een wees en sy is BAIE opgewonde. My ouers is natuurlik net so opgewonde, want hierdie sal hulle eerste klein dogter wees. My ​sussie het die twee mooiste seuntjies, Driesie is nou 5jaar en Bismarck word 2 einde Augustus (wie weet...miskien kom Minke nog op sy verjaarsdag).


Ek het vanoggend opgestaan met 'n effe pyn op my blaas, dit is meer soos 'n "drukking", skoonma reken dat Minke-pop op my blaas lê.


Ek en manlief het finally Minke se kamertjie klaar! Ek weet nie wie was meer opgewonde daaroor nie...ek of hy! Ons wag nou net vir haar beddegoedjies wat ek vir haar laat maak het wat ek hopenlik vroeg volgende week sal kry.


Haar klere kas en propvol klere en doeke, haar kot is reg, haar campcot staan, pram is reg. Ek love dit om so prepared te wees :)


Ek weet nie hoe ek nog 3 maande lank gaan kan wag vir my poppie nie, ek sien soooooo vreeslik baie uit om 'n mamma te wees. God is so goed vir ons!


Anyways julle, ek het nie veel meer om vandag te sê nie, lekker aand vir julle xxx


Jorika




Featured Posts
Recent Posts
No tags yet.
bottom of page